NLU ondersoek nuwe skaapmark

Die Namibiese Landbou-unie sê ’n ondersoek is tans aan die gang na die lewensvatbaarheid van alternatiewe internasionale uitvoermarkte vir lam- en skaapvleis, beide been-in sowel as ontbeen. Die Lewendehawe Produsente Organisasie het saam met Hartlief ’n studie geloods om te bepaal of internasionale waardekettings vir lam- en skaapvleis die potensiaal het om volhoubare voordele vir plaaslike slagpale vir skaapuitvoer te bewerkstellig, en om skape outomaties van primêre skaapprodusente te lok in ’n ongereguleerde mark.