Tweede ontsoutingsaanleg is op pad

Die Namibiese minister van landbou, water en grondhervorming Calle Schlettwein sê die voorlopige beplanning vir ‘n tweede ontsoutingsaanleg is voltooi en konstruksie sal so vinnig as moontlik begin. Hy was oor die naweek aan die kus en het aan media gesê die aanleg sal ongeveer 35 kilometer noord van Swakopmund opgerig word.