Bakleiery na video-speletjie lei tot meswond

‘n 20-jarige vrou sal na verwagting vandag in die Outjo-landdroshof verskyn op klagte van poging tot moord. Volgens die Namibiese polisie het sy en haar kêrel by hulle huis in Etoshapoort op die dorp video-speletjies gespeel. Die kêrel het die speletjie verloor en ‘n bakleiery het uitgebreek. Sy het hom na bewering in die rug gesteek met ‘n mes. Die man word tans in Windhoek behandel en die ondersoek duur voort.