Tweede groot jurie vir Trump Organisasie klagtes

Die distriksaanklaer in Manhattan in New York het ‘n tweede groot jurie bymekaar gebring om klagtes teen die Trump Organisasie van die voormalige president, Donald Trump te oorweeg. Volgens berigte het die maatskappy sy bates baie hoër laat waardeer om beter finansiering te bekom en weer dieselfde bates baie laer laat waardeer om minder belasting te betaal. Allen Weisselberg, die organisasie se hoof uitvoerende beampte is reeds aangekla vir belastingontwyking en bedrog in ‘n aparte saak en het onskuldig gepleit.