Dis nie net skoolkinders nie, studente kry ook voedingsprogram

Armoede is ‘n daadwerklike uitdaging en die uitwissing daarvan het sy eie hindernisse, soos die ombudsman Basilius Dyakugha verduidelik.

Dyakugha het gereageer op ‘n nuwe veldtog van die studenteraad by die Unam-kampus op Rundu. Luidens die jongste berigte het die raad ‘n voedingsprogram van stapel gestuur vir studente wat heeldag op kampus is. Die studente kan volgens berigte nie by die huis leer nie omdat daar geen water, krag of infrastruktuur is nie en dus, kry hulle kos omdat hulle heeldag op kampus is. Daar is reeds 430 000 skoolgaande kinders wat op ‘n voedingsprogram staatmaak en nou het studente ook uitdagings in die verband…