Twee vroue verskyn na hulle tienermeisie probeer verkoop vir N$40m

Twee verdagtes verskyn vandag in die Heidelberg-landdroshof in Gauteng nadat hulle in hegtenis geneem is omdat hulle na bewering ‘n 13-jarige meisie ontvoer en toe probeer het om haar vir 40 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan ‘n mense- en sekshandelsindikaat te verkoop. Die twee vroue van 36- en 57-jaar, is die meisie se stiefma en stiefouma. Die tiener is deur die Valke gered na ‘n operasie by ‘n huis in die Vaal.