Konjore kry staatsbegrafnis

Die ontslape oud-politikus ds. Willem Konjore sal ‘n staatsbegrafnis ontvang. President Hage Geingob het die aankondiging gemaak. Konjore is is op 11 Junie in Lady Pohamba privaatshospitaal oorlede van ‘n longinfeksie. Konjore sal Saterdag by #Gabes in die Karas-streek begrawe word. Lede van die publiek het ook ‘n beroep op Geingob gedoen om ‘n staatsbegrafnis vir Mburumba Kerina te verseker en dat hy by Helde-akker begrawe word. Kerina is vroeër die week oorlede op die ouderdom van 89. Hy word daarvoor erken word dat hy Namibië sy naam gegee het.