Leerlinglisensie aansoeke is opgeskort

Die Namibiese Paaie-owerheid het te kenne gegee dat alle aansoeke vir leerder bestuurderslisensies tot 30 Junie opgeskort is. Die owerheid sê in ‘n verklaring dat as gevolg van die nuwe maatreëls kan net tien aansoekers die toets aflê en dus, is die huidige besprekings te veel en geen nuwe besprekings kan gedoen word nie. Persone wat reeds aansoek gedoen het sal per SMS ‘n boodskap ontvang met ‘n datum en ‘n tyd om die toets af te lê.