Twee vermeende Angolese, drie Namibiese ivoorsmokkelaars bly in aanhouding

Twee Angolese burgers en drie Namibiërs bly in aanhouding nadat hulle die naweek glo met 29 stukke olifanttande in hul besit by Onhuno naby Helao Nafidi in die Ohangewena-streek in hegtenis geneem is. Die Angolese, Shiwovanhu Tomas Kandongo en Armando Kondjeni, het in die Ohangwena-landdroshof verskyn saam met die Namibiërs, Correia Mateus Gayeta, Andreas Hailaula en ‘n 68-jarige tradisionele dokter, Rendle Katunda. Volgens die polisie is die Angolese onwettig in die land sonder hul nodige dokumente.