UDM-leier loof Ramaphosa oor openbaarmaking van staatskapingsverslag

Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, het President Cyril Ramaphosa geloof omdat hy die verslag oor staatskaping openbaar gemaak het. Hy het terselfdertyd gesê dat alle senior regeringsamptenare wat geïmpliseer word, tot verantwoording geroep moet word. Holomisa sê die verslag sal dit duidelik maak of al die griewe aangespreek is wat deur politieke partye teen die Guptas uitgespreek is.