Twee vas nadat hulle met dagga in hulle besit betrap is op Swakopmund

Twee Namibiese mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo in besit van dagga in Swakopmund gevind is. Gemeenskapsakebeampte van die Erongo-polisie, sers Anastasia Frans, het gesê hulle is by ‘n huis in Konstantinestraat in hegtenis geneem. Die mans, 19 en 20 jaar oud, was na bewering in besit van dagga ter waarde van N$2 330. Die beskuldigde sal Maandag in die Swakopmund-landdroshof verskyn.