Cele oor kragonderbreking tydens Ramaphosa se toespraak

Die Suid-Afrikaanse minister van Polisie, Bheki Cele, het bevestig die kragonderbreking tydens president Cyril Ramaphosa se toespraak by die party se fondsinsamelings-gala Vrydagaand, was nie per toeval nie. Cele het aan joernaliste in Polokwane gesê die polisie ondersoek die saak. Sekerheidsbeamptes het Ramaphosa en adjunkpresident David Mabuza kort na die onderbreking vinnig uit die hotel weggeneem. Vyftien minute later is die ligte weer aangeskakel. Volgens Cele is daar bewyse dat iemand gepeuter het met die muurprop wat die ligte in die saal beheer.