Twee gered uit vat sjokolade

Brandbestryders in Elizabethtown, Pennsilvanië, moes hul dringend haas na die Mars Incorporated-fabriek op die dorp nadat twee mense in ‘n vat vol sjokolade geval het. Daar was blykbaar geen onmiddellike gevaar nie omdat die sjokolade middellyfhoogte was, maar die twee mense kon nie daarin slaag om self uit te kom nie… of dalk wou hulle nie.  Dit is nie bekend hoe die twee mense, wat blykbaar instandhoudingswerk gedoen het, in die vat beland het nie.