Kunsmis-kostes sal nie akkerbou verlaag nie

Die konflik tussen Rusland en Oekraïne het ander lande bewus gemaak van hul afhanklikheid van Rusland vir kunsmis. Die Amerikaanse regering het gereageer deur te belê in innoverende, plaaslik vervaardigde kunsmis-stowwe, maar dit sal tyd neem. Stygende pryse veroorsaak dat boere hul plant-strategieë in die meeste lande regoor die wêreld aanpas. Daar is ook belangstelling in alternatiewe vir konvensionele kunsmis-stowwe. Volgens Auguste Fabian, skakelbeampte van die Namibiese Akkerbouraad, voorsien hulle egter nie ‘n afname in gewasproduksie in Namibië weens die hoë koste van kunsmis nie.