Twee, 16 en 17, vas vir Alabama-skietery

Twee tieners is van roekelose moord aangekla na ‘n wilde skietery op ‘n 16de verjaarsdagpartytjie in Amerika waarin vier mense dood en 32 gewond is. Die beskuldigdes is onderskeidelik 16 en 17 jaar oud. Die tragedie het verlede week in die stad, Dadeville, in Alabama afgespeel. Onder die slagoffers is ‘n talentvolle jong sokkerspeler, Phil Dowdell, wie se suster Alexis die partytjie gereël het. Ooggetuies sê verskeie mense het begin skiet nadat die kinders se ma die partytjie gestop en gewapende besoekers gevra het om te gaan.