Kaapstad berei voor vir Netbal-wêreldbeker

Daar is net minder as 100 dae oor voor die Netbal-wêreldbeker in Kaapstad aangebied word. Sestien lande, insluitend Suid-Afrika, sal vir twee weke in Julie by die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum meeding. Die Namibiese Debmarine Desert Jewels het nie gekwalifiseer nie. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê as deel van Kaapstad se opbou na die Wêreldbeker, borg die stad die Straat-netbalprogram onder leiding van die Sporting Chance Development Foundation: