Tshwane se watertekorte duur voort

Die Stad Tshwane se departement van water werk hard om watertoevoer te herstel tot gebiede wat onder ‘n tekort van Rand Water gebuk gaan. Ten spyte van verskeie pogings is daar nog nie ‘n merkbare verbetering in toevoer in verskeie woonbuurte wat reeds dae lank tekorte ervaar nie. Die stad se woordvoerder, Jordan Griffiths, sê die vloei na opgaardamme en waterdruk, indien enige, is baie laag en dit beteken die damme se vlakke styg nie.