Biden en Macron sal ontmoet…

Die Amerikaanse President Joe Biden wil die Franse President, Emmanuel Macron, volgende maand besoek om ‘n onlangse onenigheid op te klaar. Dit hou verband met Amerika se ooreenkoms met Australië om kernduikbote te bou. Frankryk sê hy is skielik uitgesluit van die ooreenkoms van 1,5 miljard Namibiese dollar met Amerika en die Verenigde Koninkryk. Macron het die land se ambassadeur in Washington as gevolg hiervan herroep. China het ook skerp gereageer teenoor Amerika, die VK en Australië. Daar word beweer die ooreenkoms is in reaksie op Beijing se vinnig groeiende militêre mag.