Trustco en WB beklink groot transaksie

Trustco Properties het ‘n groot eiendomstransaksie beklink met die gerespekteerde Namibiese kleinhandelreus, Woermann, Brock en Company. Hierdie transaksie sluit die belegging af wat Trustco Properties in Uitbreiding 3 van die Lafrenz Nywerheidspark gemaak het, aangesien dit die finale gedienste nywerheidserwe was wat beskikbaar was. Om te verseker dat voldoende gedienste nywerheidserwe vir besighede beskikbaar is, sal Trustco Properties voortgaan om die oorblywende grond in Uitbreiding 2 van die Lafrenz Nywerheidspark te ontwikkel en te diens. Tans is daar 11 ten volle gedienste erwe in Uitbreiding 2 en verdere ontwikkeling sal ‘n bykomende 58 erwe behels.