Bongani sê Zweli is perfekte ANC-presidentskandidaat

Die korrupsie-beskuldigde ANC-parlementslid en voormalige minister van Staatsveiligheid, Bongani Bongo, sê die voormalige minister van gesondheid, Zweli Mkhize, is die regte persoon om die party te lei. Mkhize word as ‘n gunsteling bestempel om President Cyril Ramaphosa volgende maand dalk as leier te vervang. Bongo sê die huidige leierskap onder Ramaphosa het die party en Suid-Afrikaners in die steek gelaat: