Truss het beheer oor alles verloor

Die Arbeidersparty in die Verenigde Koninkryk se leier, Keir Starmer, sê eerste minister Liz Truss het beheer verloor en is ‘n gevaar vir die ekonomie. Dit volg na kritiek teen die regering oor sy planne om belastings te verlaag om ekonomiese groei ‘n hupstoot te gee. Die Internasionale Monetêre Fonds sê die plan sal waarskynlik meer ongelykheid tot gevolg hê. Starmer sê die huidige ekonomiese situasie is ‘n wond wat die Tories self toegedien het en het nie ‘n internasionale oorsaak nie. Hy doen ‘n beroep dat die minister van Finansies, Kwasi Kwarteng, bedank en die mini-begroting geskrap word.