Diamante en Jan Alleman se voordele word bespreek

Die Namibiese ministerie van myne en energie sal môreaand om sewe-uur ‘n inligtingsessie oor die waarde en belangrikheid van diamante aanbied. Die bespreking sal handel of diamante die gewone man op straat bevoordeel. Andreas Simon, woordvoerder van die ministerie, nooi die publiek uit om die geleentheid in die Wag ‘n Bietjie-saal by die Windhoekse skougronde by te woon.