Maharaj sê nuwe bal moet hanteer word

Die draaibouler van die Proteas, Keshav Maharaj, sê hulle moet hulle planne hersien oor hoe om die nuwe bal te hanteer wanneer dit swenk soos in gister se eerste T20 teen Indië. Die tuisspan het ‘n maklike oorwinning van agt paaltjies behaal en is nou een-nul voor in die reeks van drie wedstryde. Maharaj sê hoewel die blad moeilik was om op te kolf, wat met tye wip-variasies ingesluit het, kon die kolwers die omstandighede beter hanteer het: