Trump se belastingopgawes weer in die nuus

Die Amerikaanse departement van Justisie het beveel dat die land se Inkomstediens die voormalige president Donald Trump se inkomstebelastingopgawes aan die Kongres moet verstrek. Die Inkomstediens het voorheen beslis die finansies-komitee van die Huis van Verteenwoordigers waar die Demokrate ‘n meerderheid het, het ‘n wettige versoek ingedien om toegang tot Trump se belastingopgawes te kry. Die doel daarvan is om die manier waarop die Inkomstediens presidente se belastingopgawes oudit, te evalueer. Dié uitspraak van die departement van Justisie is ‘n omkering van ‘n vorige beslissing deur dieselfde departement, tydens Trump se ampstydperk, wat die Inkomstediens gesteun het in sy weiering om die komitee toegang tot die opgawes te gee.