Die Proteas gaan September ‘n toer na Sri Lanka onderneem

Krieket: Die Proteas gaan van 2 tot 14 September ‘n toer na Sri Lanka onderneem. Krieket SA het bevestig die toer bestaan uit drie een-dag-internasionale wedstryde en drie Twintig20-kragmetings, wat almal in Colombo gespeel word. Die waarnemende uitvoerende hoof van KSA, Pholetsie Moseki, sê wedstryde teen spanne van gehalte op die sub-kontinent is die beste manier vir die Proteas om vir die Internasionale Krieketraad se T20-Wêreldbeker voor te berei. Dit word van 17 Oktober in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate beslis.