Trump: Nog ‘n jurie moet in nog ‘n saak ondersoek instel

Die distriksprokureur van Manhattan berei bewyse voor vir voorlegging aan ‘n groot jurie, in verband met geld wat voormalige president Donald Trump na bewering aan die pornografiese rolprent-aktrise, Stormy Daniels sou betaal het. Volgens internasionale media beweer Daniels sy het in 2006 in Nevada seks met Trump gehad toe hy reeds met Melania getroud was. Sy voormalige prokureur, Michael Cohen, het aan ‘n federale hof gesê dat hy Daniels in opdrag van Trump 2,26 miljoen Namibiese dollar gegee het vir haar stilswye oor die beweerde verhouding. Trump het alle bewerings ontken en die ondersoek afgemaak as ’n politieke heksejag.