Brittanje se ekonomie sal die meeste krimp – IMF

Die Internasionale Monetêre Fonds voorspel dat die Britse ekonomie vanjaar met 0,6-persent sal inkrimp, en die enigste land onder die wêreld se gevorderde en opkomende ekonomieë is wat ‘n jaar van dalende bruto binnelandse produk in die gesig staar. In die jongste uitgawe van World Economic Outlook, sê die IMF die nuwe voorspelling weerspieël die Verenigde Koninkryk se hoë energiepryse en finansiële toestande, soos hoë inflasie. Die Britse minister van finansies, Jeremy Hunt, sê as hulle by die plan hou om inflasie te halveer, is die vooruitskouing steeds dat die land in die komende jare vinniger sal groei as Duitsland en Japan.