Aangewese werkgewer: Maak so met vakante pos

Meer inligting is bekend oor die afwaartse aanpassing deur die Namibiese arbeidsministerie. Aangewese werkgewers is vanaf 25 na tien aangepas. Dit wil sê dat as jy tien mense in diens het moet jy enige vakante posisies aan die arbeidsministerie rapporteer vir plasing op die geïntegreerde indiensneming inligtingstelsel. Dit is nou onwettig om ‘n pos te vul sonder dat die ministerie ingelig is oor die vakante pos en voor die ministerie ‘n kandidaat voorgestel het. Arnold Ngeama, die hoof-indiensnemingsbeampte by die ministerie verduidelik wat ‘n werksoeker moet doen wanneer daar ‘n werkgewer is wat ‘n vakature het.