Tristan de Lange is die nuwe Desert Dash solo-kampioen

Fietsry: Die Desert Dash het ‘n nuwe solo-kampioen. Die Namibiër, Tristan de Lange, het daarin geslaag om die sesmalige wenner, Konny Looser van Switserland, naelskraap te onttroon in ‘n tyd van 14-uur, 54-minute en 56-sekondes. Looser was ‘n breukdeel van ‘n sekonde ná De Lange oor die wenstreep. In die derde plek was Vincent Dorn, wat sy eerste solo-rit gedoen het. De Lange sê hy is in sy noppies.