Nampol vra gemeenskap se samewerking die feesseisoen

Die Adjunk-inspekteur-generaal van Nampol Joseph Shikongo, doen ‘n beroep op die Namibiese gemeenskap om saam met die polisie te werk om misdaad aan te meld en die wet te gehoorsaam. Hy het gesê gedurende die feestyd sal hulle ‘n geenverdraagsaamheid benadering teen alle vorme van misdaad en veral dronkbestuurders toepas.