Nida se gesukkel kom reeds ‘n lang pad

Die Keetmanshoop raadslid vir die landelike kiesafdeling Willem Labuschagne het gereageer op berigte dat Nida se projekte uitmekaar val en vervalle gelaat word. Van die grootste uitdagings is die wanbetaling op water- en kragrekenings. Projekte kom ook nie van die grond af nie. Labuschagne sê op die einde van die dag ly die werkers.