UPM verloor aansoek om NV-setels te behou

Die United People’s Movement het sy dringende aansoek teen die PDM in die hoërhof verloor. Regter Boas Usiku het vanoggend sy beslissing bekend gemaak. Die party het gepoog om die verwydering van sy lede uit die Nasionale Vergadering deur die PDM te syde te stel. Die twee partye het ‘n ooreenkoms in die verband gehad maar die UPM het hom agter onafhanklike kandidaat Ally Angula geskaar wat die PDM genoodsaak het om die stappe te neem. Jan van Wyk van die party het aangevoerdaar is finansiële implikasies vir sy party indien hy nie in die parlement sit en betaling daarvoor ontvang nie. Die PDM se regskostes moet ook deur die United People’s Movement betaal word.