TransNamib lening sal nie Air Nam-skuld betaal nie – Smith

Daar is groot verligting vir TransNamib met sy 2,6 miljard lening wat hy bekom het by die Namibiese en Suider-Afrikaanse ontwikkelingsbanke. Die maatskappy het groot uitdagings met lokomotief-tekorte en meer, maar daar is ook die kwessie van die uitstaande 161 miljoen Namibiese dollar wat ChallengeAir by TransNamib, maatskappyhoof van die bankrot Air Namibia, eis. Die gelde is uitstaande na ‘n ooreenkoms reeds in 2018 onderteken is dat die redery skuld vir ‘n mislukte huurooreenkoms vir ‘n Boeing 767. TransNamib se hoof, Johny Smith sê die lening sal nie vir enige Air Namibia betaling aangewend word nie.