Die stil Swapo-LP’s begin nou luid raak

Parlementslede van Swapo begin al hoe meer kommentaar lewer in die Nasionale Vergadering en daar is sommige wat reeds jare teenwoordig is maar nog nooit ‘n mening gelig het nie… Kenners meen dit is alles in aanloop tot die party se verkiesingskongres wat later die jaar sal plaasvind… en dat die tendens sal toeneem. Frederico Links, navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing is aan die woord.