Tranerige Adele kanselleer Vegas-vertonings

Die Britse sangeres Adele het haar vertonings by Las Vegas gekanselleer. Sy sou verskeie optredes in Caesar’s Palace gehou het maar, sy sê Covid het haar voorbereidings gekniehalter. Haar personeel het die virus opgedoen en verskeie toerusting kon nie afgelewer word nie. Sy sê haar vertoning is nie gereed nie en is duidelik baie jammer.