Zelensky looi Biden vir ‘klein’ aanmerkings

Die president van die Oekraïne Volodymyr Zelensky het skerp gereageer op kommentaar deur die Amerikaanse president, Joe Biden oor wat hy beskryf het as ‘n klein inval deur Rusland in sy land in. Biden het volgens berigte gesê dat ‘n kleiner aanval ‘n kleiner reaksie van die VSA en sy bondgenote sal uitlok. Zelensky het op sy Twitter-blad gesê dat daar geen ding is soos klein sterfgevalle nie en ook nie klein hartseer is oor die verlies van geliefdes nie. Daar is meer as 127 000 Russiese troepe teen die Oekraïne se grens. President Vladimir Putin sê Navo het sy grense na die Ooste toe uitgebrei en wil ook keer dat die Oekraïne by Navo aansluit. Navo weier om hieroor te onderhandel.