Tonne ivoor, renosterhorings, skubbe in DRK geskud

Owerhede in die Demokratiese Republiek van die Kongo het beslag gelê op net meer as 3,5 miljoen Amerikaanse dollar se ivoor, renosterhoring en itermagô-skubbe. Die sukses is behaal na twee jaar se ondersoek in samewerking met Amerikaanse owerhede en twee wildhandelaars wat van die DRK afkomstig is, is ook vroeër in die VSA gearresteer. Luidens internasionale nuusagentskappe is meer as ‘n ton ivoor en 34 kilogram skubbe gekonfiskeer. Tot op hede is meer as 20 ton onwettige wildlewe-produkte gevind en owerhede sê nog beslagleggings en arrestasies is op pad met die ondersoek wat steeds voortduur.