Amper N$60m by Winehouse-veiling

Die uitrusting wat die sanger Amy Winehouse vir haar finale vertoning gedra het, is vir 3,6 miljoen Namibiese dollar verkoop. Dit is deel van ‘n groot klomp memorabilia van die diva wat in Kalifornië opgeveil is. Die bedrag was 16 keer meer as die geraamde waarde Winehouse het die groen- en swart-rok met ‘n bamboes-tema in 2011 by ‘n konsert in Belgrado gedra. Sy is ‘n maand later op 23 Julie aan alkoholvergiftiging dood. Sy was 27. Die hele versameling van 800 items het 59 miljoen Namibiese dollar aan Winehouse se ouers, Mitch en Janis, besorg, dubbeld die aanvanklike beraming.