Toerismesektor reageer op skokkende wildtellingverslag van Noordweste

Reaksie word uit die toerismesektor ontvang oor Nacso se skokkende wildtellingverslag in die noordweste van Namibië. Kommer is uitgespreek oor die skerp afname in sekere wildspesies, veral gemsbokke en koedoes. Die Noordweste se gemsbokbevolking staan tans op sowat 1 300 teenoor die gemiddeld van sowat 22 000 in 2020. Nathaly Ahrens van die Toer- en Safarivereniging het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê ‘n bekende Namibiese wildveearts, dr. Nad Brain, gaan ‘n opname van die wild uit die lug doen.

Ahrens vertel ook watter impak die kleiner wildgetalle in die Noordweste op die toerismesektor kan hê.