Valke ondersoek diefstal by SA Sokkervereniging

Die Valke ondersoek bewerings van diefstal by die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging. Die geskorste lid van die vereniging se nasionale komitee, Malesela Willie Mooka, sê Safa se president Danny Jordaan het hom in sy visier, omdat hy onder meer verlede jaar ‘n saak van diefstal teen Jordaan by die Booysens-polisiekantoor in Johannesburg ingedien het. Mooka het gesê een van die klagtes hou verband met die aanstelling van ‘n kommunikasie-maatskappy wat teen 182 000 rand Jordaan se beeld moes poets ná klagtes van vermeende verkragting teen hom ingedien is.