Baba ongedeerd gevind na kaping in Kaapstad

‘n Baba van sewe maande is ongedeerd gevind ná ‘n kaping vanoggend in Observatory in Kaapstad. Volgens die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, was die seuntjie in sy motorstoeltjie vasgegespe toe kapers sy ma oorval en met haar motor wegjaag. Die voertuig is verlate in Maitland gevind en die baba is later langs die pad in Woodstock opgespoor. Hy was steeds in sy stoeltjie vasgegespe. Fritz se woordvoerder, Wade Seale, sê een persoon is in hegtenis geneem.