Toerismesektor reageer op Duin 7 se toegangsfooie 

Die Namibiese toerismesektor het gereageer op die aankondiging dat besoekers aan die gewilde toeriste-trekpleister Duin 7 naby Walvisbaai vanaf Desember ‘n toegangsfooi moet betaal. Volgens die woordvoerder van die omgewingsministerie, Romeo Muyunda, is die fondse nodig om die terrein by Duin 7 in stand te hou. Hy sê hoewel Duin 7 ‘n groot toeriste-trekpleister is, is die geriewe, veral die toilette, nie in ‘n goeie toestand nie. Nathaly Ahrens van die Toer- en Safari-vereniging van Namibië, sê aan aan Kosmos 94.1 Nuus die aankondiging is op kort kennisgewing.