Nasionale Vergadering tot volgende week verdaag

Nadat die lede van die opposisie Woensdag uit die parlement gestap het as gevolg van onenigheid tydens die vuurwarm debat oor die ministerie van finansies Ipumbu Shiimi se middeltermyn-begroting, sal daar vandag geen parlementsitting wees nie. Die speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi het die parlement vir ‘n week weens ‘n gebrek aan kworum verdaag.