Nam-vroue kry minder kinders

Die geboortekoers van vrouens tussen die ouderdomme van 20 en 40 het gedaal vanaf 2018 tot 2021. Dit is volgens die tweede uitgawe die Namibië Statistieke-agentskap. Terwyl die redes hiervoor nie aangevoer word nie, word daar beaam dat daar beter toegang tot voorbehoedmiddels is, en dat kinders duur is, veral vir werkende families. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Halleluya Ndimulunde, ‘n ekonoom by Simonis Storm, wat sê ‘n dalende geboortekoers kan in die toekoms negatiewe effekte op die ekonomie hê.