Tjombe: Siviele saak vat lank

Elias Mupolo en Annemarie Auchumus, die biologiese ouers van die negejarige meisie wat verlede Mei glo deur ‘n Mariental-boer op sy kleinhoewe omgery is, eis elk 5 miljoen Namibiese dollar sowel as ‘n bykomende 10 000 dollar skadevergoeding van Johan Meyer. Hendrina Mupolo het aan haar beserings beswyk nadat sy glo deur die 51-jarige Meyer omgery is. Die ouers wat deur menseregte-prokureur, Norman Tjombe verteenwoordig word, het in Julie 2022 ‘n siviele saak teen Meyer aanhangig gemaak waarin hulle ‘n totaal van 10 miljoen dollar se skadevergoeding eis. Tjombe sê aan Kosmos 94.1 dié proses duur lank.