Tiger onttrek uit Hero-uitdaging, voet is seer

Die 15-malige major-wenner Tiger Woods het weens ‘n voetbesering aan volgende maand se Hero World Challenge in die Bahamas onttrek. Die 46-jarige Woods sê hy het plantar fasciitis in sy regtervoet ontwikkel wat dit moeilik maak om te loop. Woods het die kompetisie, wat bydra tot sy stigting, tussen 2001 en 2011 vyf keer gewen. Die Amerikaner sê hy is steeds voornemens om op die 10de Desember aan The Match deel te neem en later die maand aan die PNC-kampioenskap.