Familie, aborsie en babastorting onder die loep

Die derde jaarlikse Namibiese Gesinskonferensie vir 2022 vind binnekort plaas. Die geleentheid gaan vanjaar op 10 Desember by Footsteps Ministry in Windhoek plaasvind. Vanjaar se konferensie gaan oor die tema, “Healing of the Nation from Abortion and Baby Dumping”. Sasha Louw van Conserve Namibia deel internasionale aborsie-statistieke en verduidelik waarom hierdie konferensie van groot belang is om lewens te red. 

Sy sê die konferensie sal kyk na alternatiewe vir vroue wat aborsies gehad het en genesing kan vind.