Aappokke is nou mpox

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het aangekondig aappokke sal nou bekendstaan as mpox. Die organisasie sê die ou naam sal vir ‘n jaar saam met die nuwe een gebruik word voor dit heeltemal uitfaseer word. Die WGO sê die woord mpox kan ook in ander tale gebruik word. Dit volg na klagtes dat rassistiese en stigmatiserende taal aan die naam van die virus gekoppel is. Dr. Rosamund Lewis van die WGO het vroeër gesê verskeie opsies word oorweeg.

TERUG: Gevalle van mpox is onlangs in 29 lande aangemeld maar die sogenaamde uitbreking is in meeste lande as verby of onder beheer verklaar.