Tien maande vir gesteelde koedoe

Twee Namibiese mans is in die Gobabis-landdroshof tot tien maande tronkstraf of ‘n boete van 3 500 Namibiese dollar gevonnis nadat hulle ‘n koedoe onwettig gejag het. Die 38-jarige Laurance Khuxab en 34-jarige Joseph Utave is volgens die Namibiese wildmisdaadverslag skuldig bevind en vandeesweek gevonnis nadat hulle op 10 Februarie die koedoe onwettig gejag het.