Hou putte in stand tydens watertekort, sê Oshikoto streekhoof

Oshikoto se streekhoof van landelike watervoorsiening in die landbou-ministerie, Stevenson Tuukondjele, moedig inwoners aan om tradisionele putte in stand te hou as alternatiewe waterbronne. Daar is tans ‘n watertekort in Eengodi, Okankolo, Nehale en sommige dele van Omuthiya-kiesafdelings. Hy sê mense moet die water suiwer deur dit te kook of suiweringstablette te gebruik wat hulle van die gesondheidsministerie ontvang. Die ministerie probeer ook om watertenks te kry wat na skole en klinieke sal gaan, maar dit is ‘n moeilike en duur proses aangesien daar nie behoorlike paaie is nie.